3 Toe het hy met die begrafnisreëlings begin. Hy is na die Hetiete toe en het vir hulle gesê:
4 “Menere, soos u weet, is ek maar ’n vreemdeling tussen u en besit ek geen grond nie. My vrou is dood en ek wil haar graag begrawe. Vandag vra ek u ’n stukkie grond vir ’n graf.”
5 Die Hetiete het toe vir Abraham gesê:
6 “Dit is goed so, Meneer. U is soos ’n prins van God tussen ons. U kan die beste grond kry. Ons wil almal hê dat u u vrou hier begrawe. Ons ken u en ons weet dat u naby aan God leef.”
7 Abraham het toe laag voor die Hetiete, die mense wat in die land bly, gebuig en vir hulle gesê:
8 “U is baie goed vir my, want u gee my grond sodat ek my vrou kan begrawe. Nou wil ek u versoek om tog met Efron, seun van Sohar, te praat,
9 en vir hom te vra om die grot van Magpela aan my te verkoop. Hy besit dit en dit is aan die rand van sy grond geleë. Ek sal hom sy volle prys betaal. Ons kan die transaksie sommer hier voor u almal afhandel.”