28 Na die man se gebed is die meisie huis toe en sy het haar ma alles gaan vertel.
29 Rebekka se broer Laban het die storie gehoor en is reguit fontein toe om die man te ontmoet.
30 Laban het die goue ring gesien asook die armbande, en hy het gehoor hoe sy suster van die man vertel. Dit is hoekom hy alles gelos het en vinnig fontein toe is. Daar het hy Abraham se werker gekry wat nog die hele tyd by sy kamele gestaan en wag het.
31 Laban het gesê: “Vriend, kom saam met my huis toe. Jy is deur die Here geseën. Kom, waarom staan jy nog daar? By ons huis is daar baie plek vir jou en jou kamele.”
32 Die man is toe saam met Laban huis toe. Daar gekom, het Laban die kamele afgelaai en vir hulle voer en strooi gegee. Hy het ook vir al die mense water gegee sodat hulle hulle kon was.
33 Laban het ’n klomp kos vir die man gebring, maar dié het gesê: “Voordat ek eet, moet ek julle eers alles vertel.”“Goed dan,” het Laban gesê, “praat dan maar eers.”
34 “Ek werk vir Abraham,” het hy begin.