55 Rebekka se broers en haar ma het gesê: “Wag ’n rukkie. Laat haar vir nog so ’n dag of tien by ons bly en dan kan sy saam met jou gaan.”
56 “Mense,” het die werker gesê, “julle was baie goed vir my, maar moet my tog nie nou keer nie. Die Here het my gehelp om te doen wat ek moes doen, en nou wil ek so gou moontlik na my meester teruggaan.”
57 “Goed dan,” het hulle geantwoord. “Kom ons roep Rebekka en laat haar besluit.”
58 Hulle het Rebekka laat kom en vir haar gevra: “Wil jy nou al saam met hierdie man weggaan?” En sy het geantwoord: “Baie graag.”
59 Die familie het toe hulle suster, Rebekka, asook die vrou wat haar grootgemaak het, gegroet. Hulle het ook Abraham se werker en al die mans wat saamgekom het, gegroet.
60 Almal het vir oulaas om Rebekka gestaan en gesê: “Ons suster, mag jy baie kinders hê, duisend maal tien duisend kinders. En mag jou nageslag sterk wees, sterk genoeg om die vyand se stede te oorwin.”
61 Daarna het Rebekka en almal saam met haar op die kamele geklim en hulle is saam met die man weg. Dit is dan die verhaal van hoe die werker Rebekka gevat het en haar gebring het.