58 Hulle het Rebekka laat kom en vir haar gevra: “Wil jy nou al saam met hierdie man weggaan?” En sy het geantwoord: “Baie graag.”
59 Die familie het toe hulle suster, Rebekka, asook die vrou wat haar grootgemaak het, gegroet. Hulle het ook Abraham se werker en al die mans wat saamgekom het, gegroet.
60 Almal het vir oulaas om Rebekka gestaan en gesê: “Ons suster, mag jy baie kinders hê, duisend maal tien duisend kinders. En mag jou nageslag sterk wees, sterk genoeg om die vyand se stede te oorwin.”
61 Daarna het Rebekka en almal saam met haar op die kamele geklim en hulle is saam met die man weg. Dit is dan die verhaal van hoe die werker Rebekka gevat het en haar gebring het.
62 Isak het intussen in die omgewing van die Negev gaan bly en het van Lagai-Roï se waterput af met die vee getrek.
63 Toe hy op ’n keer teen die aand se kant ’n entjie gaan stap het om na te dink, sien hy skielik die kamele wat kom.
64 Op daardie oomblik kyk Rebekka op en sien Isak daar staan. Sy het vinnig afgeklim en vir een van die werkers gevra: