11 Na Abraham se dood het God vir Isak, sy seun, geseën en dit het baie goed met hom gegaan. Isak het duskant Beer-Lagai-Roï gaan woon.
12 Hier is die nageslag van Ismael, die seun van Abraham wat Hagar, Sara se Egiptiese slavin, vir hom in die wêreld gebring het.
13 Die name van die seuns is in die volgorde van hulle geboorte: Nebajot is die eersgeborene, Kedar, Adbeël, Mibsam,
14 Misma, Duma, Massa,
15 Gadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
16 Hierdie name van Ismael se seuns is ook aan hulle woongebiede en blyplekke gegee. Hulle was die twaalf leiers van twaalf stamme.
17 Ismael het 137 jaar oud geword. Toe hy dood is, het hulle hom by sy mense begrawe.