17 Ismael het 137 jaar oud geword. Toe hy dood is, het hulle hom by sy mense begrawe.
18 Sy nageslag het oor ’n wye gebied gebly, van Gawila af tot by Sur oos van Egipte en in die rigting van Assur. Ismael en sy kinders het teen almal in hierdie gebiede oorlog gemaak.
19 Hier volg die verhaal van Isak, die seun van Abraham. Abraham was Isak se pa.
20 Isak was 40 toe hy met Rebekka, die dogter van Betuel, die Arameër uit Paddan-Aram en die suster van Laban die Arameër getroud is.
21 Rebekka kon egter nie kinders hê nie. Isak het toe baie vir sy vrou gebid en die Here het sy gebede verhoor.
22 Sy het ’n kind verwag, maar Rebekka het swaargekry. Dit was of die twee kinders binne-in haar heeltyd teen mekaar stamp. So erg was dit dat Rebekka naderhand gesê het: “As dit so moet aanhou, hoekom lewe ek?” Sy het gebid en die Here gevra wat sy moet doen.
23 Die Here het geantwoord: “Twee volke stoei in jou skoot. Twee volke sal uit jou kom. Die een sal egter sterker as die ander een wees. Die oudste broer sal die jongste een dien.”