23 Die Here het geantwoord: “Twee volke stoei in jou skoot. Twee volke sal uit jou kom. Die een sal egter sterker as die ander een wees. Die oudste broer sal die jongste een dien.”
24 Teen die tyd dat Rebekka geboorte moes skenk, het hulle ontdek daar is ’n tweeling op pad.
25 Die eerste kind is gebore. Hy was rooierig van kleur en oral op sy lyf was daar hare. Hulle het hom Esau genoem.
26 Toe die tweede kind gebore is, was sy een hand om sy broer se enkel. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe hierdie twee seuns gebore is.
27 Albei seuns het grootgeword. Esau was ’n natuurmens en ’n goeie jagter, en hy het graag buite gekom. Hy het mettertyd die jagkuns aangeleer en ’n vaardige jagter geword. Jakob was heeltemal anders. Hy was ’n eenkantmens wat graag sy tyd in die tent deurgebring het.
28 Isak was mal oor Esau, omdat hy altyd vir sy pa sulke lekker wildsvleis gemaak het. Rebekka weer was erg oor Jakob, haar huiskind.
29 Op ’n dag het Jakob heerlike kos gemaak. Esau daag toe uit die bloute daar op. Hy was moeg en honger