6 Aan al sy ander seuns het hy geskenke gegee terwyl hy nog geleef het. Hy het hulle ook na verskillende lande in die ooste gestuur sodat hulle nie by Isak sou bly nie.
7 Abraham het 175 jaar oud geword.
8 Hy was oud en gedaan toe hy die dag dood is. Sy lewensjare was vol mooi ervarings. Toe hy dood is, is hy by sy mense begrawe.
9 Sy twee seuns, Isak en Ismael, het hom gevat en in die Magpelagrot neergelê.
10 Dit is die grot op die grond van Efron, seun van Sohar, die Hetiet, digby Mamre wat Abraham destyds by die Hetiete gekoop het. Daar het Abraham se seuns hom langs Sara begrawe.
11 Na Abraham se dood het God vir Isak, sy seun, geseën en dit het baie goed met hom gegaan. Isak het duskant Beer-Lagai-Roï gaan woon.
12 Hier is die nageslag van Ismael, die seun van Abraham wat Hagar, Sara se Egiptiese slavin, vir hom in die wêreld gebring het.