27 Isak vra hulle toe: “Wat wil julle hê? Julle haat my mos. Julle het my dan weggejaag!”
28 Abimelek en sy manne het toe gesê: “Isak, dit is vir ons duidelik dat die Here by jou is. Daarom het ons besluit dat ons met jou ’n ooreenkoms wil maak.
29 Ons wil ’n verbond met jou sluit sodat jy ons nooit sleg sal behandel nie. Toe jy destyds tussen ons gewoon het, was ons nie lelik met jou nie. Ons was goed vir jou en het jou in vrede laat weggaan. Isak, die Here het jou werklik voorspoedig gemaak.”
30 Isak het vir hulle ’n feesmaaltyd voorgesit. Hulle het geëet en gedrink.
31 Vroeg die volgende oggend het hulle opgestaan en ’n ooreenkoms met mekaar gesluit. Isak het hulle gegroet en sy gaste het vertrek. Hulle was bly en gelukkig.
32 Op dieselfde dag het Isak se mense hom van ’n put kom vertel. Hulle was nog besig om te grawe toe hulle skielik sterk water gekry het.
33 Isak het die put Seba genoem en tot vandag toe noem hulle daardie stad Berseba.