1 Toe Isak al oud en amper blind was, het hy Esau geroep: “Seun, waar is jy?” Esau het geantwoord: “Hier’s ek, Pa.”
2 Isak sê toe vir hom: “Kyk, ek is oud en kan enige tyd sterf.
3 Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe. Skiet daar vir my ’n stukkie wild.
4 Maak dan vir my lekker wildskos soos ek daarvan hou. As die kos reg is, moet jy dit vir my bring sodat ek kan eet en jou nog kan seën voordat ek doodgaan.”
5 Rebekka het elke woord gehoor wat Isak vir sy seun gesê het. Nadat Esau veld toe is om iets vir sy pa te skiet, het sy vinnig na Jakob toe gehardloop en uitasem gesê:
6 “Luister, ek het gehoor wat jou pa vir Esau gesê het.