13 Sy ma het geantwoord: “Toe maar, jou ellende sal oor my kom. Doen net wat ek vir jou sê en gaan haal die bokkies wat ek jou gevra het.”
14 Jakob is toe weg en het gedoen wat sy ma gesê het. Hy het alles vir haar gebring en sy het lekker kos vir sy pa gemaak, kos waarvan hy gehou het.
15 Rebekka het haar oudste, Esau, se beste klere geneem en dit vir Jakob, haar jongste, aangetrek.
16 Verder het sy die bok se velletjies om sy hande en om die gladde deel van sy nek gesit.
17 Toe vat sy die lekker kos en die brood wat sy gebak het en sit dit in Jakob se hande.
18 Jakob het na sy pa toe gegaan en hom gegroet. “Dag, Pa,” het hy gesê.Isak het geantwoord: “Ja, hier is ek, maar wie is jy, my seun?”
19 Jakob sê toe vir sy pa: “Dit is ek, Esau, Pa se oudste kind. Ek het gedoen soos Pa gesê het. Sit nou gemaklik sodat Pa van my lekker wildskos kan eet. Daarna kan Pa my seën.”