20 Isak wou egter weet hoe hy so vinnig die wild opgespoor het. Jakob het geantwoord: “Pa se God, die Here, het my gehelp.”
21 Isak het toe vir Jakob gesê: “Kom ’n bietjie nader sodat ek kan voel of jy regtig my seun Esau is of nie.”
22 Jakob het nader aan sy pa gekom. Isak het aan hom gevoel en gesê: “Die stem is die stem van Jakob, maar die hande is Esau s’n.”
23 Isak het niks agtergekom nie, want die hande was net so harig soos dié van Esau.
24 Hy vra toe vir Jakob: “Is jy rêrig my seun Esau?”Jakob het skaamteloos geantwoord: “Ja, ek is.”
25 Isak het gesê: “Sit die lekker kos vir my voor sodat ek my seun se wildsgereg kan eet en jou dan seën.” Hy het toe vir hom die kos en wyn gegee.
26 Daarna het sy pa, Isak, vir hom gesê: “Kom nader, my seun, en soen my.”