21 Isak het toe vir Jakob gesê: “Kom ’n bietjie nader sodat ek kan voel of jy regtig my seun Esau is of nie.”
22 Jakob het nader aan sy pa gekom. Isak het aan hom gevoel en gesê: “Die stem is die stem van Jakob, maar die hande is Esau s’n.”
23 Isak het niks agtergekom nie, want die hande was net so harig soos dié van Esau.
24 Hy vra toe vir Jakob: “Is jy rêrig my seun Esau?”Jakob het skaamteloos geantwoord: “Ja, ek is.”
25 Isak het gesê: “Sit die lekker kos vir my voor sodat ek my seun se wildsgereg kan eet en jou dan seën.” Hy het toe vir hom die kos en wyn gegee.
26 Daarna het sy pa, Isak, vir hom gesê: “Kom nader, my seun, en soen my.”
27 Jakob het nader gekom en sy pa gesoen. Isak het die reuk van Esau se klere geruik en Jakob geseën.“Werklik, my seun se reuk is soos die reuk van die vrugbare veld, die veld wat die Here geseën het.