40 Vir jou lewe sal jy altyd moet veg, en vir jou broer sal jy moet werk. Maar as jy jou lank genoeg verset, kan jy nog sy juk van jou afgooi.”
41 Jakob het vir Esau gekul en Esau het hom begin haat. Esau het toe ’n besluit geneem: “Na my pa se dood gaan ek my broer doodmaak. Ek gaan net wag tot die routyd verby is.”
42 Rebekka het gehoor dat Esau, haar oudste kind, dit gesê het en sy het haar jongste, Jakob, gewaarsku: “Jou broer gaan wraak neem en jou doodmaak.
43 Luister nou baie mooi na my: gaan onmiddellik na my broer Laban in Haran toe.
44 Bly daar totdat jou broer se woede oor is en hy van sy wrok vergeet het.
45 Ek sal jou laat weet as alles veilig is, dan kan jy weer terugkom. Julle is albei my kinders en ek wil julle nie albei op een dag verloor nie. Daarom moet jy onmiddellik vertrek.”
46 Rebekka was baie bitter oor Esau se vroue. Sy het dit ook reguit vir Isak gesê: “Hierdie Hetitiese vroue vergal my lewe. As Jakob ook nog met ’n Hetitiese meisie moet trou, met een van dié land se vroue, sal dit vir my bitter sleg wees.”