1 Jakob het weer begin stap. Die pad was lank, maar hy het reguit koers gehou na die land oos van die Jordaan.
2 Skielik sien hy iets. Daar, net daar waar drie troppe skape wei, was ’n put, ’n waterput waaruit die skape gedrink het.
3 Bo-oor die put was daar ’n groot klipdeksel. Eers as al die herders saamgekom het, kon hulle die swaar deksel wegstoot. As al die skape klaar gedrink het, het hulle die steendeksel weer teruggerol.
4 Jakob het toe met die mense wat daar rondgestaan het, begin praat: “Dagsê, waar kom julle vandaan?”Hulle het geantwoord: “Ons is maar van hier. Van Haran se omgewing.”
5 Opgewonde vra Jakob toe: “Julle ken nie miskien vir Laban nie? Hy is die seun van Nahor en hy bly glo hier êrens.”“Ons ken hom,” sê hulle.