2 Skielik sien hy iets. Daar, net daar waar drie troppe skape wei, was ’n put, ’n waterput waaruit die skape gedrink het.
3 Bo-oor die put was daar ’n groot klipdeksel. Eers as al die herders saamgekom het, kon hulle die swaar deksel wegstoot. As al die skape klaar gedrink het, het hulle die steendeksel weer teruggerol.
4 Jakob het toe met die mense wat daar rondgestaan het, begin praat: “Dagsê, waar kom julle vandaan?”Hulle het geantwoord: “Ons is maar van hier. Van Haran se omgewing.”
5 Opgewonde vra Jakob toe: “Julle ken nie miskien vir Laban nie? Hy is die seun van Nahor en hy bly glo hier êrens.”“Ons ken hom,” sê hulle.
6 “Gaan dit goed met hom?” vra Jakob.“Ja, so-so,” sê die herders. “Kyk, daar kom sy dogter Ragel nou juis met haar pa se skape aangestap.”
7 Jakob het die herders weer gevra: “Hoekom het julle nou al die skape vir die nag bymekaargemaak? Dit is dan nog helder dag. Gee hulle water en laat hulle dan wei.”
8 “Ons kan nie,” het hulle geantwoord. “Ons moet eers wag totdat al die herders opgedaag het. Dan sal ons almal saam die swaar deksel wegstoot en vir die kuddes water gee.”