8 “Ons kan nie,” het hulle geantwoord. “Ons moet eers wag totdat al die herders opgedaag het. Dan sal ons almal saam die swaar deksel wegstoot en vir die kuddes water gee.”
9 Terwyl Jakob nog praat, sien hy haar. Sy het pas met haar pa se skape by die put aangekom. Haar naam was Ragel en sy was ’n herder.
10 Jakob kon dit nie glo nie. Was dit werklik Ragel, die dogter van sy ma se broer? Was dit werklik sy oom Laban se skape? Hy het onmiddellik na die put toe gestap, die swaar deksel weggerol en die skape begin water gee, die skape van sy ma se broer.
11 Jakob kon dit meer hou nie. Hy het vorentoe gestap, Ragel gesoen en begin huil.
12 Toe het hy haar alles vertel. Van sy pa en sy pa se mense. Van sy ma, Rebekka, en hoe dit met haar gaan. Ragel was oorstelp. Sy het na haar pa toe gehardloop en hom alles vertel.
13 Laban kon sy ore nie glo nie. Dat Jakob, sy eie suster se seun, hier kan wees, was mos nie moontlik nie. Laban het alles net so gelos en na Jakob toe gehardloop. Hy het hom omhels, hom gesoen en na sy huis toe gebring.
14 Jakob het vir Laban ook weer alles oor en oor vertel. Later het Laban vir hom gesê: “Jakob, jy is deel van my bloed en van my familie. Bly hier!” Jakob het ’n maand lank by sy oom gebly.