35 Laban het Jakob weer bedrieg. Hy het gou al die gespikkelde en gestreepte skape en bokke uit die trop geneem. Ook die swart lammetjies. Laban het toe hierdie diere bymekaargemaak en vir sy ander seuns gegee om op te pas.
36 Verder het Laban gesorg dat Jakob ver van sy seuns af bly. Hulle was drie dae se reis van mekaar af. Jakob was op ’n plek waar hy die res van Laban se kudde laat wei het.
37 Ver weg van Laban het Jakob sy eie ding gedoen. Hy het jong lote van populiere, amandel- en plataanbome gevat en dit afgeskil totdat daar sulke wit strepe op die lote was.
38 Hy het toe die lote met die wit strepe by die waterplekke gesit. As die vee kom suip het, was die lote reg voor hulle.
39 Omdat die bokke en die skape by die waterplekke gepaar het, het Jakob hulle tussen die lote bymekaar laat kom. So het hy baie bokke en skape met spikkels en strepe gekry.
40 Die ooie het Jakob apart gehou en hulle by Laban se gespikkelde en gestreepte vee gebring. Op hierdie manier het Jakob vir homself ’n baie sterk kudde opgebou. Hy het hulle weggehou van Laban se vee.
41 Wanneer die sterk diere gepaar het, het Jakob die lote voor hulle in die krippe gesit en dit het hulle vrugbaar gemaak.