8 Ragel het toe gesê: “Ek en my suster is in ’n groot stryd met mekaar gewikkel, maar gelukkig het ek gewen.” Sy het Bilha se kind toe Naftali genoem.
9 Toe Lea sien sy kan nie meer kinders kry nie, het sy haar slavin, Silpa, gaan vat en haar vir Jakob gegee.
10 Silpa het vir Jakob ’n seun in die wêreld gebring.
11 Lea het net gesê: “Watter goeie geluk!” en die kind Gad genoem.
12 Silpa het nog ’n kind gehad en
13 Lea het gesê: “Mooi so, die geluk is aan my kant. Al die ander vroue sal my sukses raaksien en my gelukkig ag.” Daarom het sy die kind Aser genoem.
14 Op ’n dag, tydens die oestyd, het Ruben in die veld gaan stap. Hy het liefdesappels gesien en dit opgetel. Liefdesappels was ’n vrug wat mense lief gemaak het vir mekaar. Ruben het die liefdesappels vir sy ma gebring. Toe Ragel dit sien, het sy dadelik gesê: “Lea, gee my asseblief van Ruben se liefdesappels.”