3 Die Here het vir hom gesê: “Jakob, gaan huis toe. Gaan terug na die land van jou pa waar jy gebore is. Ek sal by jou wees.”
4 Toe Jakob op ’n keer met sy vee in die veld was, het hy Ragel en Lea na hom toe laat kom.
5 Daar in die veld het hy vir hulle gesê: “Julle pa se houding het verander. Hy is nie meer so vriendelik teenoor my soos vroeër nie. Gelukkig is die God van my pa nog by my.
6 Julle weet hoe hard ek vir julle pa gewerk het.
7 En tog het hy my gekul. Oor en oor. Hy het my loon voortdurend verander. Maar God het hom nie toegelaat om my te breek nie,
8 want elke keer as Laban gesê het: ‘Die diere met spikkels is jou loon,’ is daar net gespikkeldes gebore. En as hy gesê het: ‘Die gestreepte diere is jou loon,’ was daar net gestreeptes.
9 So het God julle pa se diere weggeneem en dit vir my gegee.”