42 As dit nie vir my pa se God, die God van my oupa Abraham en die Beskermer van my pa, Isak, was nie, het ek vandag niks gehad nie. Maar God ken my swaarkry en het my harde werk raakgesien, en daarom het Hy jou gisteraand gewaarsku.”
43 Laban het Jakob toe geantwoord: “Wat praat jy tog? Alles wat jy sien, is myne. Die dogters, die kinders, die vee. Niks maak egter nou meer saak nie. Wat kan ek tog doen of sê wat die dogters of hulle kinders van plan sal laat verander?
44 Jakob,” het Laban gesê, “kom ons maak ’n ooreenkoms. Net tussen my en jou. As ’n herinnering aan ons twee se jare saam.”
45 Jakob het toe ’n klip gevat en dit regop gesit.
46 Hy het sy mense nader geroep en gesê hulle moet ’n klipstapel maak. Toe dit klaar was, het hulle by die klipstapel geëet.
47 Laban het die klipstapel Jegar-Sahaduta en Jakob het dit Galed genoem.
48 “Van vandag af,” het Laban gesê, “is hierdie hoop klippe ’n teken van ons ooreenkoms.” Hy het dit toe ook Galed genoem.