44 Jakob,” het Laban gesê, “kom ons maak ’n ooreenkoms. Net tussen my en jou. As ’n herinnering aan ons twee se jare saam.”
45 Jakob het toe ’n klip gevat en dit regop gesit.
46 Hy het sy mense nader geroep en gesê hulle moet ’n klipstapel maak. Toe dit klaar was, het hulle by die klipstapel geëet.
47 Laban het die klipstapel Jegar-Sahaduta en Jakob het dit Galed genoem.
48 “Van vandag af,” het Laban gesê, “is hierdie hoop klippe ’n teken van ons ooreenkoms.” Hy het dit toe ook Galed genoem.
49 Laban het die klipstapel ook nog Mispa genoem. “Dit is ’n teken dat die Here by ons is al sien ons mekaar nie weer nie,” het hy gesê.
50 By die klipstapel het Laban ook vir Jakob gesê: “As jy ooit my dogters sleg behandel of sommer ander vroue byneem, moet jy nie dink God sien dit nie. Hy weet van alles.”