49 Laban het die klipstapel ook nog Mispa genoem. “Dit is ’n teken dat die Here by ons is al sien ons mekaar nie weer nie,” het hy gesê.
50 By die klipstapel het Laban ook vir Jakob gesê: “As jy ooit my dogters sleg behandel of sommer ander vroue byneem, moet jy nie dink God sien dit nie. Hy weet van alles.”
51 Laban het nog ’n laaste woord gehad. “Hierdie klipstapel moet ons twee bind.
52 Ek mag nooit by hierdie klipstapel verbystap om jou te gaan seermaak nie. En jy mag dit ook nie doen nie.
53 Jakob, mag die God van ons vaders by ons wees. Mag die God van jou oupa Abraham en my oupa Nahor ons help om getrou te wees.” Jakob het sy woord gegee en die Beskermer van sy pa, Isak, as getuie aangeroep.
54 Daarna het Jakob vir die Here op die berg gaan offer. Hy het al sy familie genooi om saam te kom eet. Na die ete het hulle almal sommer op die berg geslaap.