23 Laatnag het hy wakker geword. Daar en dan besluit hy om Lea en Ragel, Silpa en Bilha, sowel as die elf seuns, deur die rivier te neem. Hulle is toe by die Jabbok se driwwe deur.
24 Toe hy sy familie veilig deur die rivier gekry het, het hy ook al sy besittings gestuur.
25 Jakob het alleen duskant die rivier agtergebly. Terwyl hy nog so staan, het ’n man hom skielik gepak en hulle twee het begin veg. Dit het tot dagbreek die volgende oggend aangehou.
26 Toe die man sien Jakob is te sterk vir hom, het hy Jakob ’n laaste harde hou op die heup gegee. Dit was so erg dat die heup heeltemal uit sy potjie gespring het.
27 Die man sê toe: “Los my tog nou, want dit is al dagbreek.”Jakob het toe gesê: “Ek sal nie. Voor ek jou los, moet jy my eers seën.”
28 “Wat’s jou naam?” stotter die man.“My naam is Jakob,” het Jakob geantwoord.
29 “Van nou af,” sê die man, “sal hulle jou Israel noem. Nie meer Jakob nie, maar Israel.” Die man het verder gesê: “Vannag het jy teen God en mens geveg, en gewen.”