25 Jakob het alleen duskant die rivier agtergebly. Terwyl hy nog so staan, het ’n man hom skielik gepak en hulle twee het begin veg. Dit het tot dagbreek die volgende oggend aangehou.
26 Toe die man sien Jakob is te sterk vir hom, het hy Jakob ’n laaste harde hou op die heup gegee. Dit was so erg dat die heup heeltemal uit sy potjie gespring het.
27 Die man sê toe: “Los my tog nou, want dit is al dagbreek.”Jakob het toe gesê: “Ek sal nie. Voor ek jou los, moet jy my eers seën.”
28 “Wat’s jou naam?” stotter die man.“My naam is Jakob,” het Jakob geantwoord.
29 “Van nou af,” sê die man, “sal hulle jou Israel noem. Nie meer Jakob nie, maar Israel.” Die man het verder gesê: “Vannag het jy teen God en mens geveg, en gewen.”
30 Jakob was verbaas. “Wie is jy nou eintlik? En wat is jou naam?” het hy gevra.“Hoekom vra jy my naam?” het die man gesê. Hy het Jakob geseën en toe is hy weg.
31 “Ek het God vannag gesien en kyk, ek lewe nog,” het Jakob gesê. Hy het die plek toe Pniël genoem.