1 Dina, die dogter van Jakob en Lea, het op ’n dag vir die vroue in die omgewing gaan kuier.
2 Hamor, die Hewiet, was die leier in die gebied. Sy seun Sigem het Dina sien stap. Hy het haar toe gegryp en gedwing om by hom te slaap.
3 Na die tyd het Sigem baie van Dina begin hou. Hy was verlief op haar en hy het hard probeer om haar hart te wen.
4 Sigem het toe sy pa se hulp ingeroep. “Pa,” het hy gesê, “help my tog dat Dina my vrou kan word.”
5 Jakob het intussen die skoknuus verneem. Hulle het hom kom vertel hoe Sigem sy Dina-kind se lewe vernietig het. Jakob het aanvanklik niks gedoen nie, want hy wou eers vir die seuns wag. Hulle was nog met die vee in die veld.
6 Na ’n ruk het Hamor, Sigem se pa, by Jakob aangekom. Hy wou met hom oor Sigem se liefde vir Dina praat.