13 Jakob se seuns was nog woedend oor die ding wat Sigem met hulle suster gedoen het. Hulle het toe ’n baie slegte plan beraam.
14 Hulle het vir Sigem en sy pa, Hamor, gesê: “Ongelukkig kan ons nie. Ons kan tog nie ons suster aan iemand gee wat nie besny is nie. Dit sal mos ’n skande wees.
15 Daar is egter wel ’n moontlikheid: julle moet soos ons word en julle laat besny.
16 As julle dit doen, word alles natuurlik makliker. Ons kan dan met gerustheid ons dogters vir julle gee en ons seuns kan ook sonder enige probleme met julle dogters trou. Ons kan dan saamwoon en een volk word.
17 As julle vandag egter anders besluit, vat ons Dina en gaan weg.”
18 Vir Hamor en Sigem het alles goed geklink en hulle is daar weg.
19 Die jongman, Sigem, het Dina so begeer dat hy onmiddellik met die voorbereidings vir die besnydenis begin het. Vir sy familie was Sigem ’n baie belangrike man.