24 Die dorpsraad het met Hamor en Sigem saamgestem en elke man in die dorp is besny.
25 Op die derde dag het al die mans nog baie pyn gehad. Dina se twee broers, Simeon en Levi, het toe ’n verskriklike ding gedoen. Hulle het die dorp binnegery en op ’n gegewe oomblik het hulle die swaarde uitgeruk en al die mans in die dorp voor die voet uitgewis.
26 Selfs Hamor en Sigem is doodgemaak. By Sigem se huis het hulle vinnig hulle suster, Dina, gaan haal en uit die dorp gejaag.
27 Toe Jakob se ander seuns hiervan hoor, was hulle vuur en vlam. Hulle het die stad binnegejaag en net dooies sien rondlê. Toe het hulle die stad genadeloos begin plunder. Hulle verskoning was dat Sigem vir Dina verkrag het.
28 Hulle het net mooi alles gevat, alles wat in die stad was asook buite in die veld. Al die mense se kleinvee, beeste, donkies en besittings.
29 Selfs vroue en kinders is geroof en as gevangenes saamgeneem. Alles wat in die huise was, het Jakob se kinders vir hulleself gevat.
30 Jakob was baie ontsteld oor alles. Vir Simeon en Levi het hy reguit gesê: “Julle het my in die allergrootste ellende gedompel. Almal in hierdie land, veral die Kanaäniete en die Feresiete, sal my nou haat. Ons is maar ’n klein klompie mense en as hulle saamstaan, is dit klaarpraat met ons.”