19 Ragel is daar dood. Sy is langs die grootpad na Efrata begrawe. Hulle noem die plek vandag nog Betlehem.
20 Jakob het ’n grafsteen op haar graf gesit, wat nou nog daar staan.
21 Israel is toe verder en het uiteindelik by Migdal-Eder kamp opgeslaan.
22 In hierdie tyd het daar iets verskrikliks gebeur. Ruben, Israel se oudste seun, het by sy pa se byvrou, Bilha, gaan slaap. En Israel het dit uitgevind.
23 Jakob het twaalf seuns gehad. Die seuns van Lea was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.
24 Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin.
25 Die seuns van Bilha, die vrou wat vir Ragel gewerk het, was Dan en Naftali.