22 In hierdie tyd het daar iets verskrikliks gebeur. Ruben, Israel se oudste seun, het by sy pa se byvrou, Bilha, gaan slaap. En Israel het dit uitgevind.
23 Jakob het twaalf seuns gehad. Die seuns van Lea was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.
24 Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin.
25 Die seuns van Bilha, die vrou wat vir Ragel gewerk het, was Dan en Naftali.
26 Die seuns van Silpa, die vrou wat vir Lea gewerk het, was Gad en Aser. Hierdie is dan die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27 Na baie jare het Jakob weer sy pa, Isak, gesien. Isak het toe in Mamre gewoon. Die plek word ook Kirjat-Arba of deesdae Hebron genoem. Net soos sy pa, Abraham, het Isak ook lang tye hier gewoon.
28 Isak het 180 jaar oud geword.