10 Die name van Esau se seuns was Elifas, seun van Esau se vrou Ada, en Reüel, seun van Esau se vrou Basemat.
11 Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.
12 Esau se seun Elifas het ook ’n byvrou, Timna, gehad, en haar seun se naam was Amalek. Bogenoemde is die nageslag van Esau se vrou Ada.
13 Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa. En hulle was die kinders van Esau se vrou Basemat.
14 Die seuns van Esau se vrou Oholibama, dogter van Ana, dogter van Sibon, was Jeüs, Jalam en Korag. Hulle was almal Esau se seuns.
15 Die volgende seuns uit Esau se nageslag was almal hoofde van stamme. Elifas, Esau se oudste seun, het die volgende seuns gehad: Teman, Omar, Sefo, Kenas,
16 Korag, Gatam en Amalek. Hulle was die hoofde van verskillende stamme in Edom. Almal het uit die familie van Elifas gekom en hulle was deel van Ada, die vrou van Esau, se nageslag.