20 Hier is die name van die seuns van Seïr, die Goriet, wat in die land Edom gewoon het: Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
21 Dison, Eser en Disan. Hulle was die Goritiese stamhoofde wat uit die omgewing van Seïr getrek en in Edom gaan woon het.
22 Lotan se seuns was Gori en Hemam. Lotan se suster was Timna.
23 Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.
24 Sibon se seuns was Aja en Ana. En Ana het warmbronne in die woestyn ontdek terwyl hy sy pa, Sibon, se donkies opgepas het.
25 Ana het ’n seun, Dison, en ’n dogter, Oholibama, gehad.
26 Dison se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.