25 Ana het ’n seun, Dison, en ’n dogter, Oholibama, gehad.
26 Dison se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27 Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan.
28 Disan se seuns was Us en Aran.
29 Die stamhoofde van die Goriete was Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
30 Dison, Eser en Disan. Dit was die Goritiese stamhoofde van die verskillende stamme in Seïr.
31 Hier volg die name van die konings wat in Edom regeer het lank voordat daar ’n koning in Israel was.