28 Disan se seuns was Us en Aran.
29 Die stamhoofde van die Goriete was Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
30 Dison, Eser en Disan. Dit was die Goritiese stamhoofde van die verskillende stamme in Seïr.
31 Hier volg die name van die konings wat in Edom regeer het lank voordat daar ’n koning in Israel was.
32 In Edom het Bela, seun van Beor, regeer. Sy hoofstad was Dinhaba.
33 Na Bela se dood het Jobab, seun van Serag wat uit Bosra afkomstig was, regeer.
34 Na Jobab se dood het Gusam regeer. Hy was uit die wêreld van die Temaniete afkomstig.