7 Esau en Jakob se besittings het net te veel geword en hulle kon nie meer saam boer nie. Die land, wat nog nie aan hulle behoort nie en waar hulle nog as vreemdelinge gebly het, was te klein vir al hulle vee.
8 Esau, dit is Edom, het in die Seïrberge gaan woon.
9 Hier is die name van Esau se seuns wat in die Seïrberge gebore is. Esau was die voorvader van al die Edomiete.
10 Die name van Esau se seuns was Elifas, seun van Esau se vrou Ada, en Reüel, seun van Esau se vrou Basemat.
11 Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.
12 Esau se seun Elifas het ook ’n byvrou, Timna, gehad, en haar seun se naam was Amalek. Bogenoemde is die nageslag van Esau se vrou Ada.
13 Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa. En hulle was die kinders van Esau se vrou Basemat.