2 Daar het hy op ’n Kanaäniet, Sua, se mooi dogter verlief geraak. Hy het met haar getrou en by haar geslaap.
3 Na ’n ruk het sy verwag en toe haar eersteling gebore is, het hulle hom Er genoem.
4 Sy het weer verwag en haar tweede seun Onan genoem.
5 Toe haar derde kind gebore is, het sy hom Sela genoem. Hy is gebore toe hulle in Kesib was.
6 Juda het vir Er, sy oudste seun, ’n vrou gekry. Haar naam was Tamar.
7 Er was egter ’n slegte mens wat die Here seergemaak het. Die Here het hom vroeg laat sterf.
8 Juda het Onan eenkant toe geroep en gesê: “Jy is nou vir jou broer se nageslag verantwoordelik. Gaan slaap by sy vrou en bou so sy nageslag.”