27 Toe die wagtyd verby was en Tamar geboorte moes skenk, het hulle ontdek daar is ’n tweeling.
28 Terwyl sy geboorte gee, het een van die kinders sy hand uitgesteek. Die vroedvrou het ’n pers garingdraadjie om sy arm gebind en gesê: “Hy gaan eerste gebore word.”
29 Net toe het hy weer sy hand teruggetrek en sy broer is eerste gebore. Die vroedvrou het gesê: “Jy het jou kans benut en jy is eerste gebore.” Hulle het die seun Peres genoem.
30 Toe is sy broer gebore. Hy het nog steeds die pers garingdraadjie om die arm gehad. Hulle het hom Serag genoem.