10 Potifar se vrou het net aangehou en hom elke dag geteister. Josef het nie toegegee nie en het bly weier om by haar te gaan slaap.
11 Op ’n dag het Josef alleen in Potifar se huis gewerk. Al die ander huiswerkers was buite en Josef het alleen agtergebly.
12 Mevrou Potifar het Josef toe aan sy baadjie gegryp en gesê: “Slaap tog nou by my.” Hy het hom losgeruk en buitentoe gehardloop. Potifar se vrou het met sy baadjie in haar hande gestaan.
13 Toe sy sien sy het nog die baadjie wat Josef in sy haas agtergelaat het,
14 het sy die ander huiswerkers geroep en vir hulle gesê: “My man het hierdie Hebreër in ons huis ingebring en kyk net wat het hy aangevang. Terwyl ek geslaap het, het hy in my kamer ingekom en wou by my kom slaap. Ek het toe so hard as wat ek kan, begin skreeu.
15 En toe hy my gille hoor, het hy gevlug. In sy haas het hy egter sy baadjie hier gelos.”
16 Sy het die baadjie gehou totdat haar man die aand huis toe gekom het.