12 Mevrou Potifar het Josef toe aan sy baadjie gegryp en gesê: “Slaap tog nou by my.” Hy het hom losgeruk en buitentoe gehardloop. Potifar se vrou het met sy baadjie in haar hande gestaan.
13 Toe sy sien sy het nog die baadjie wat Josef in sy haas agtergelaat het,
14 het sy die ander huiswerkers geroep en vir hulle gesê: “My man het hierdie Hebreër in ons huis ingebring en kyk net wat het hy aangevang. Terwyl ek geslaap het, het hy in my kamer ingekom en wou by my kom slaap. Ek het toe so hard as wat ek kan, begin skreeu.
15 En toe hy my gille hoor, het hy gevlug. In sy haas het hy egter sy baadjie hier gelos.”
16 Sy het die baadjie gehou totdat haar man die aand huis toe gekom het.
17 Sy het vir hom ook dieselfde storie vertel: “Die Hebreeuse slaaf wat jy hier aangebring het en wat vir ons moes werk, het in my kamer ingebars terwyl ek geslaap het.
18 Toe ek egter begin skreeu, het hy gevlug, maar hy het sy baadjie hier by my gelos. Dit is nou wat jou slaaf aan my gedoen het.”