12 Al ploeg en bewerk jy die grond, daar sal niks van kom nie. Jy sal vir altyd ’n eensame swerwer op aarde wees.”
13 Kain het toe gesê: “My straf is te swaar. Ek kan dit hoegenaamd nie alleen dra nie.
14 U het my vandag van die grond af verban. Ek moet wegkruip voor U. Dag vir dag sal ek rusteloos op die aarde moet rondswerf. En enigeen wat my raakloop, sal my ook wil doodmaak.”
15 “Nee,” het die Here gesê, “dit sal nie gebeur nie. Enigeen wat vir Kain doodmaak, sal self ’n wrede dood sterf.” Die Here het toe ’n merk op Kain se voorkop gemaak. Dit moes mense afskrik om hom dood te maak.
16 Kain het toe weggegaan, weg van sy grond en die teenwoordigheid van die Here af. Hy het gaan bly in die land Nod, duskant die tuin van Eden.
17 Kain se vrou het verwag en hulle seun Henog is gebore. Kain het intussen ’n groot stad gebou. Hy het dit na sy seun Henog vernoem.
18 Henog se oudste seun was Irad. Irad se seun was Mehujael. Mehujael het ’n seun met die naam Metusael gehad. Metusael was die pa van Lameg.