20 Ada was die ma van Jabal. Hy was die voorouer van die nomades, wat met hulle vee rondtrek en in tente bly.
21 Sy broer se naam was Jubal, en hy was die voorouer van al die musikante.
22 Tubal-Kain was Silla se seun. Hy was die voorouer van die vakmanne wat die allermooiste dinge van koper en yster gemaak het. Tubal-Kain se suster was Naäma.
23 Op ’n dag het Lameg vir sy twee vroue gesê: “Ada en Silla, luister baie mooi en spits julle ore: ek, Lameg, ek duld niks van niemand nie. Ek sal ’n man doodmaak wat my wil wond en ’n seun wat my wil beseer.
24 Kain is sewe keer gewreek, maar ek, Lameg, sal 77 keer gewreek word.”
25 Adam en Eva het weer ’n kind gehad en hulle het hom Set genoem. Eva het gesê: “Die Here het my ’n ander kind gegee in die plek van Abel wat deur sy broer Kain vermoor is.”
26 Set het ook ’n seun gehad en hom Enos genoem. In die tyd van Enos het die mense die Here begin aanbid.