16 Toe die bakker Josef se verklaring hoor, het hy opgewonde sy eie droom vir hom vertel. “In my droom,” het hy gesê, “was daar ook drie dinge. Daar was drie mandjies op my kop.
17 In die boonste mandjie was daar die allerheerlikste eetgoed wat net ’n bakker kan bak. Toe het die voëls gekom en hulle het die eetgoed van die boonste mandjie begin opvreet.”
18 Josef het geantwoord: “Dit is wat jou droom beteken. Die drie mandjies dui op drie dae.
19 Binne drie dae sal die farao jou kop optel en jou aan ’n paal ophang, en al die voëls sal die vleis van jou liggaam begin opvreet.”
20 En dit het presies so gebeur. Drie dae later het die farao verjaar en hy het ’n groot fees vir al sy onderdane gehou. Op die feesdag het die farao aan die hoofskinker en die hoofbakker gedink.
21 Die hoofskinker het weer sy ou werk teruggekry en weer die beker in die farao se hand gesit.
22 Die hoofbakker het hy egter laat ophang, net soos Josef gesê het.