6 Toe Josef die volgende oggend by hulle kom, sien hy hulle is mismoedig.
7 Hy het toe vir hulle gevra: “Waarom lyk julle vandag so moedeloos?”
8 Hulle het hom geantwoord: “Ons al twee het gedroom, maar hier is niemand wat ons drome kan uitlê nie.”Josef het vir hulle gesê: “Net God kan ’n mens help om drome uit te lê. Vertel my wat julle gedroom het.”
9 Eers het die hoofskinker sy droom vertel. “In my droom,” het hy gesê, “het daar ’n wingerdstok voor my gestaan.
10 Aan die wingerdstok was daar drie ranke. Elke rank het skaars uitgeloop of dit staan in volle bloei en na ’n ruk het daar ryp trosse druiwe gehang.
11 Terwyl ek dan met die een hand die farao se beker vashou, het ek met die ander hand die ryp druiwe in die beker uitgedruk en dit vir die farao gegee.”
12 Josef het toe gesê: “Dit is wat jou droom beteken. Die drie ranke dui op drie dae.