34 U moet ook bekwame bestuurders oor die hele land aanstel. Hulle moet ’n belasting van ’n vyfde van alles wat die land produseer, hef tydens die goeie jare.
35 Tydens die sewe goeie jare moet hulle voedselvoorrade opbou. Met u hulp moet hulle koring in voorraadstede opberg en dit dan goed bewaar.
36 Uit hierdie voedselvoorrade moet die mense dan gedurende die sewe honger jare leef. So sal die land hierdie verskriklike ramp oorleef.”
37 Josef se planne het die farao en al sy amptenare sommer baie beïndruk.
38 Die farao het vir sy amptenare gesê: “Waar is daar nog ’n man soos Josef in wie die Gees van God is? Iemand met so ’n gawe sal ons nooit weer kry nie.”
39 Toe het die farao vir Josef gesê: “Jou God het jou al hierdie dinge vertel; daarom is daar nêrens iemand so slim en wys soos jy nie.
40 Van vandag af sal jy in beheer van my paleis wees en al my mense sal na jou luister. Net ek sal meer mag hê as jy.