51 Josef het die oudste Manasse genoem, want, het hy gesê, “God het my al die swaarkry in Egipte asook my ouerhuis laat vergeet”.
52 Die tweede seun het hy Efraim genoem, want, het hy gesê, “God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende”.
53 Egipte se sewe goeie jare het verbygegaan.
54 Toe het sewe moeilike jare gevolg, net soos Josef gesê het. In al die lande was daar hongersnood, maar in Egipte het die mense kos gehad.
55 Telkens wanneer die honger Egipte se mense gepak het, het hulle by die farao kos gaan vra. Dan het hy vir hulle gesê: “Gaan na Josef toe en doen presies wat hy vir julle sê.”
56 Toe die hongersnood op sy ergste was en daar omtrent geen kos in die land meer was nie, het Josef die groot voorraadkamers oopgemaak en vir elke Egiptenaar sy deel afgemeet. Die hongersnood het dag vir dag vererger.
57 Van oor die hele wêreld het mense kos by Josef kom koop. Hulle kon nie anders nie, want die hongersnood het die hele wêreld in sy greep gehad.