11 Ons is almal die seuns van een man en ons bedoelings is goed, Meneer. Ons is regtig nie spioene nie.”
12 Josef het weer gepraat: “Ek glo julle nie. Julle het net gekom om te kyk waar die land oop en swak is.”
13 Hulle het weer probeer: “Meneer, kyk na ons. Ons is tog nie spioene nie. Ons is broers. Ons was eers twaalf en almal van dieselfde pa. Hy bly nou nog daar anderkant in Kanaän. Die jongste broer het agtergebly, want hy moes ons pa oppas. En die ander seun, nouja Meneer, ons weet nie meer waar hy is nie.”
14 Josef het aangehou sê: “Ek glo julle nie. Julle is niks anders as spioene nie.
15 Ek sal julle egter ’n kans gee om julle onskuld te bewys. Gaan haal julle jongste broer en bring hom hierheen. Eers as hy hier is, sal ek julle glo. Gebeur dit nie, sweer ek by die farao dat ek julle in die tronk sal stop.
16 Een van julle moet julle broer gaan haal. En die ander bly net hier in huisarres. So sal ek uitvind of julle die waarheid praat en of julle net spioene is.”
17 Daarna het Josef hulle almal summier drie dae lank in die tronk gestop.