25 Josef het sy mense aangesê om sy broers se houers tot bo toe vol te maak met graan, elkeen se geld in sy sak terug te sit en ook vir elkeen padkos saam te gee. Alles is presies so gedoen.
26 Toe het die broers die sakke op hulle donkies gelaai en hulle is daar weg.
27 Teen die aand se kant toe hulle kamp opslaan, wou een broer voer vir sy esel gee. Toe hy sy sak oopmaak, sien hy sy geld bo in die sak.
28 “Kom kyk hier,” het hy uitgeroep, “iemand het my geld in my sak teruggesit!” Hulle moed het in hulle skoene gesak en hulle het vir mekaar gevra: “Wat is God besig om met ons te doen?”
29 Hulle het weer in Kanaän aangekom en hulle pa, Jakob, gaan groet. Hulle het alles vertel en gesê:
30 “Die man wat die hoof is van die land was baie kortaf met ons. Hy het ons sommer van spioenasie beskuldig.
31 Ons het mooi probeer verduidelik dat ons twaalf broers eerlike mense is wat almal dieselfde pa het,