30 “Die man wat die hoof is van die land was baie kortaf met ons. Hy het ons sommer van spioenasie beskuldig.
31 Ons het mooi probeer verduidelik dat ons twaalf broers eerlike mense is wat almal dieselfde pa het,
32 dat die een by Pa in Kanaän is en die ander een dood is, maar dit het niks gehelp nie.
33 Die man het net aangehou dat hy ons eers sal glo as Simeon agterbly terwyl die res van ons kos vir ons families vat.
34 En toe het die man gesê: ‘Eers as julle saam met julle jongste broer na my toe terugkom, sal ek glo dat julle eerlike mense is en nie spioene nie. Dan sal ek Simeon vir julle teruggee en julle kan oral in die land rondgaan.’”
35 Toe die broers hulle sakke met die koring wou leegmaak, sien elkeen sy geld bo-op lê. Die broers en hulle pa, Jakob, was verslae.
36 Jakob het vir hulle gesê: “Ek gaan weer van ’n kind beroof word. Eers is Josef dood, nou is dit Simeon wat ek dalk nooit weer sal sien nie, en dan wil julle ook nog vir Benjamin van my af wegvat. Hoekom moet sulke dinge altyd met my gebeur?”