27 Josef het gehoor hoe dit gaan en toe gevra: “En hoe gaan dit met julle pa, die ou man van wie julle my die vorige keer vertel het? Leef hy nog?”
28 Hulle het gesê: “Dit gaan goed met u kneg, ons pa. Hy leef nog en hy is baie gesond.” Die broers het gekniel en voor Josef gebuig.
29 Josef het na Benjamin, sy ma se jongste kind, gekyk en gevra: “Is dit nou julle jongste broer? Die een van wie julle my vertel het?” Hy het vir Benjamin gesê: “Mag God naby jou wees, seun.”
30 Toe het Josef vinnig uitgestap, want hy wou huil. Hy het hartseer begin word toe hy sy broer weer sien. Hy het in sy slaapkamer gaan sit en huil.
31 Daarna het hy sy gesig gewas en na sy broers toe teruggestap. Hy was weer in volle beheer van homself en het beveel dat die kos bedien moet word.
32 Elkeen se kos is afsonderlik uitgedeel. Eers is Josef bedien, toe die broers en toe die Egiptenaars wat saam met hulle geëet het. Egiptenaars het nooit saam met Hebreërs geëet nie, want vir hulle was dit ’n skande.
33 Almal het teenoor Josef gesit, maar hulle is volgens ouderdom ingedeel, van die oudste tot die jongste. Die broers was baie verbaas hieroor. Hoe sou Josef tog hulle ouderdomme geken het?