7 Hulle het geantwoord: “Omdat die man so knaend was, Pa. Hy het ons aanmekaar oor ons familie uitgevra. Hy wou weet of Pa nog leef en of ons nog ’n ander broer het. Daar was geen uitkomkans nie. Hoe moes ons nou geweet het dat hy sou sê dat ons ons broer na hom toe moet bring?”
8 Juda het toe gesê: “Pa, gee nou die kind vir my en laat ons tog net gaan. Hoe langer ons wag, hoe erger word dit. As Pa nog wil hê dat ons en ons kinders moet bly leef, moet ons onmiddellik vertrek.
9 Ek sal volle verantwoordelikheid vir Benjamin neem en ek sal vir hom sorg. U kan my verantwoordelik vir hom hou. As ek hom nie veilig terugbring nie, is ek lewenslank aan sy dood skuldig.
10 As ons nie so lank getalm het nie, kon ons al ten minste twee keer Egipte toe en terug gewees het.”
11 Uiteindelik het Jakob gesê: “Goed, dan moet julle hom maar saamvat. Maar vat ook vir die man in Egipte van ons beste produkte saam. Sit ’n bietjie balsem, ’n bietjie heuning, gom, hars, neute en amandels in julle graansakke. En gee dit vir die man as ’n geskenk.
12 Vat ook genoeg geld saam. Al die geld wat bo in julle graansakke was, moet julle teruggee. Dit was ’n fout.
13 Neem dan nou julle broer, vertrek onmiddellik en gaan reguit na die man toe terug.